Sjokolade kolwyntjies met koffie karamel buttercream

Week vyf: Kolwyntjies vir Ouerdag by die skool

Eerste ouerdag by sussie (Maia) se skool en soos enige ma wat wil betrokke lyk, stem ek toe in om kolwyntjies te maak vir die dag. Mens het mos die ‘urge’ om te probeer lyk dat jy jou sh!t together het vir al die mense om jou, maar in realiteit hol jy net soos ‘n hoender wat se kop afgekap is rond. Maar die waarheid is ons almal doen, moenie vir jouself jok nie! En dis normaal. Want kids happen. En niks is weer dieselfde. En dis okay.

So stuur ek man winkel toe met die inkopielys vir skool se kolwyntjies (hy het nie geweet dis die afrikaanse woord vir cupcakes nie, heehee). Toe hy terug kom sien ek dat hy die karamel treat gekoop het wat koffie gegeurd is. Jip, hulle doen ook ‘n peperment geur wat perfek is vir as jy peppermintcrisp tert wil maak. Ek is ‘n groot fan van koffie maar nie koffie gegeurde goeters, sies. Darm nie ‘n trein smash, want ek hoef dit tog nie te eet nie.

Terwyl groot sus by die skool is, bak ek en klein sus kolwyntjies. Ek het Annelien Pienaar  se resep vir sjokolade-basaarkoek gebruik vir my kolwyntjies. Dis uit haar boek Boerekos met’n twist op bladsy 108. Hier is haar FaceBook page as jy haar nog nie volg nie. En hier is sommer ook haar website, waar jy haar boek en ander goedjies kan koop, sy doen ook ‘n nuusbrief wat elke week ‘n nuwe resep gee EN is ook nou op VIA TV met haar eie program.

Ek het op Pinterest ‘n karamel buttercream opgespoor, maar moenie my vra waar die resep nou is nie, dit was iets soos 300g botter teenoor 400g karamel. Die geheim is om dit nogal lank te meng sodat daar baie lug inkom, dan kry jy hierdie lekker mouse tiepe mengsel. Ek wou die kolwyntjies vul met chocolate ganache, maar ongelukkig het dit geflop. Jip, die keer was dit darm nie ‘n geskel nie. Ek het dit nogal goed hanteer as ek dit self moet se. Ongelukkig is daar ook nie genoeg karamel oor om die werk te doen, maar gelukkig het my sussies vir my van Angelina’s se chestnut cream saam gebring van Parys toe hulle die Spaanse camino gaan stap het. Klink soos ‘n waste om dit te gebruik op hierdie cupcakes, maar gelukkig het ek darm nog oor.

Hierdie cupcakes was ‘n breeze om te maak, en baie lekker. Veral as jy die heeltyd koeke gebak het, dit was ‘n lekker change of scenery. En Hanna was darm soet, en het my kans gegee om dit rustig klaar te kry en te versier.

Ouerdag breek toe aan, en al die ouers staan op die groot grasperk met groot verwagting. Maar in realiteit het elke klassie net twee liedjies gesing, en sussie se klas is die 1-2 jaar klas. So nie veel gesing nie, en Maia het so ‘n halfhartige voet stamp en hande klap gegee. Dit was wel vrek snaaks, want ‘n paar van die klassies het defnitief ‘n future Francois van Coke in die mix.

Koek en koffie tyd, en almal storm die tafel. Ons hou maar sussie besig by die klimraam. Maar ek koekeloer so na my bak se kant toe, en sien daar is net een kolwyntjie oor. Sukses! Dis tog al hoekom mens bak vir ‘n skool beeenkoms. Volgende keer doen ek dit met graagte weer!

Tot volgende keer!

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s