Italiaanse Macarons

Week vier: Moedersdag Makrolletjies

So, my man het besluit hy is flippin oulik, en bederf my toe met ‘n nuwe Kenwood Standmixer vir Moedersdag (ja een van daai fancy masjiene). Natuurlik was daar groot pressure vir die eerste gebak wat gemaak gaan word met hierdie klitser. En soos gewoonlik kan ek nie iets maklik kies nie, ek spring sommer kop eerste in die diep kant en besluit toe op Macarons of in deftige Afrikaans, Makrolletjies.

Nou ek het ‘n geskiedenis met macarons en om dit kort te stel sluit dit in flop na flop, gevolg deur ‘n gevloek en dan kom die realiteit dat jy nou net vrek duur betaal het vir ‘n oneetbare mislukking. Want glo my almond flour is nie van die goedkoopste items op ‘n inkopielys.

Iets wat jy ook moet weet oor macarons is, dat hul so sensitief is, amper soos ‘n swanger vrou wat vir die derde keer op dieselfde dag moet hoor hoe ‘groot’ sy dra! Terug na die macarons, dit moet so goed beplan word tot die weer moet in ag geneem word, elke bestandeel moet twee keer gesif word, en akkuraat geweeg word tot op die laaste gram. Daar kan ook nie veel gekarring word aan die beslag nie anders maak jou macaron nie die voet aan die onderkant. Ek het al geleer om nie meer as 40 keer die amandel meel saam met die eierwit in te vou nie.

Daar is ook twee soorte macarons, die Franse en die Italiaanse metodes. Hier is ‘n info-graphic wat verduidelik wat die verskil is. Ek het ondervind dat die Italiaanse manier meer fail proof is, maar die metode verg ‘n bietjie meer vaardigheid.

Voordat julle opgewonde raak, net ‘n spoiler alert, my macarons het gefail. Maar dit was ‘n wen/mislukking. Die resep het ek perfek gevolg, seker gamaak die bestandele word meer as een keer gesif, die eierwitte nie oorklits, die suiker tot op die regte temperatuur gesmelt, en alles ekstra versigtig saam gevou, die nodige tyd gegee dat die macarons rus voordat dit in die oond in gaan, en seker gemaak die oond se fan is aan en dis op die regte temperatuur.

Maar helaas het die funky oond toegeslaan, en net soos ek dink dis perfek, die macarons maak mooi voete, want glo my as dit kom by macarons is die voet als! Begin my oond weer te warm maak en die macarons kry ‘n bruin laag, en net voordat dit kon brand besluit ek om dit uit te haal, ver voor die tyd wat dit moes uitkom. Dus die wen/mislukking macarons. Die smaak was daar, en dit was koekerig binne, soos dit moet wees. Visueel was dit te plat omdat ek dit vroeer moes uithaal, en die bokant was bietjie te bruin.

So volgende keer sal ek die macarons op die laagste rak in die oond sit, hopenluk werk dit!

PS: die kinders was betrokke by die een net in die ander kamer besig om daardie irriterende geluide te maak wat tussen kla en huil is, maar nog nie so ernstig dat jy moet aandag gee. Ook by gese manlief was heeltyd by hulle, maar net ‘n ma weet hoe daardie geluidjies ‘n mens teen die mure op kan druif.

Hier is die resep wat ek gevolg het. Sterkte!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s