Sjokolade kolwyntjies met koffie karamel buttercream

Week vyf: Kolwyntjies vir Ouerdag by die skool

Eerste ouerdag by sussie (Maia) se skool en soos enige ma wat wil betrokke lyk, stem ek toe in om kolwyntjies te maak vir die dag. Mens het mos die ‘urge’ om te probeer lyk dat jy jou sh!t together het vir al die mense om jou, maar in realiteit hol jy net soos ‘n hoender wat se kop afgekap is rond. Maar die waarheid is ons almal doen, moenie vir jouself jok nie! En dis normaal. Want kids happen. En niks is weer dieselfde. En dis okay.

So stuur ek man winkel toe met die inkopielys vir skool se kolwyntjies (hy het nie geweet dis die afrikaanse woord vir cupcakes nie, heehee). Toe hy terug kom sien ek dat hy die karamel treat gekoop het wat koffie gegeurd is. Jip, hulle doen ook ‘n peperment geur wat perfek is vir as jy peppermintcrisp tert wil maak. Ek is ‘n groot fan van koffie maar nie koffie gegeurde goeters, sies. Darm nie ‘n trein smash, want ek hoef dit tog nie te eet nie.

Terwyl groot sus by die skool is, bak ek en klein sus kolwyntjies. Ek het Annelien Pienaar  se resep vir sjokolade-basaarkoek gebruik vir my kolwyntjies. Dis uit haar boek Boerekos met’n twist op bladsy 108. Hier is haar FaceBook page as jy haar nog nie volg nie. En hier is sommer ook haar website, waar jy haar boek en ander goedjies kan koop, sy doen ook ‘n nuusbrief wat elke week ‘n nuwe resep gee EN is ook nou op VIA TV met haar eie program.

Ek het op Pinterest ‘n karamel buttercream opgespoor, maar moenie my vra waar die resep nou is nie, dit was iets soos 300g botter teenoor 400g karamel. Die geheim is om dit nogal lank te meng sodat daar baie lug inkom, dan kry jy hierdie lekker mouse tiepe mengsel. Ek wou die kolwyntjies vul met chocolate ganache, maar ongelukkig het dit geflop. Jip, die keer was dit darm nie ‘n geskel nie. Ek het dit nogal goed hanteer as ek dit self moet se. Ongelukkig is daar ook nie genoeg karamel oor om die werk te doen, maar gelukkig het my sussies vir my van Angelina’s se chestnut cream saam gebring van Parys toe hulle die Spaanse camino gaan stap het. Klink soos ‘n waste om dit te gebruik op hierdie cupcakes, maar gelukkig het ek darm nog oor.

Hierdie cupcakes was ‘n breeze om te maak, en baie lekker. Veral as jy die heeltyd koeke gebak het, dit was ‘n lekker change of scenery. En Hanna was darm soet, en het my kans gegee om dit rustig klaar te kry en te versier.

Ouerdag breek toe aan, en al die ouers staan op die groot grasperk met groot verwagting. Maar in realiteit het elke klassie net twee liedjies gesing, en sussie se klas is die 1-2 jaar klas. So nie veel gesing nie, en Maia het so ‘n halfhartige voet stamp en hande klap gegee. Dit was wel vrek snaaks, want ‘n paar van die klassies het defnitief ‘n future Francois van Coke in die mix.

Koek en koffie tyd, en almal storm die tafel. Ons hou maar sussie besig by die klimraam. Maar ek koekeloer so na my bak se kant toe, en sien daar is net een kolwyntjie oor. Sukses! Dis tog al hoekom mens bak vir ‘n skool beeenkoms. Volgende keer doen ek dit met graagte weer!

Tot volgende keer!

 

 

Italiaanse Macarons

Week vier: Moedersdag Makrolletjies

So, my man het besluit hy is flippin oulik, en bederf my toe met ‘n nuwe Kenwood Standmixer vir Moedersdag (ja een van daai fancy masjiene). Natuurlik was daar groot pressure vir die eerste gebak wat gemaak gaan word met hierdie klitser. En soos gewoonlik kan ek nie iets maklik kies nie, ek spring sommer kop eerste in die diep kant en besluit toe op Macarons of in deftige Afrikaans, Makrolletjies.

Nou ek het ‘n geskiedenis met macarons en om dit kort te stel sluit dit in flop na flop, gevolg deur ‘n gevloek en dan kom die realiteit dat jy nou net vrek duur betaal het vir ‘n oneetbare mislukking. Want glo my almond flour is nie van die goedkoopste items op ‘n inkopielys.

Iets wat jy ook moet weet oor macarons is, dat hul so sensitief is, amper soos ‘n swanger vrou wat vir die derde keer op dieselfde dag moet hoor hoe ‘groot’ sy dra! Terug na die macarons, dit moet so goed beplan word tot die weer moet in ag geneem word, elke bestandeel moet twee keer gesif word, en akkuraat geweeg word tot op die laaste gram. Daar kan ook nie veel gekarring word aan die beslag nie anders maak jou macaron nie die voet aan die onderkant. Ek het al geleer om nie meer as 40 keer die amandel meel saam met die eierwit in te vou nie.

Daar is ook twee soorte macarons, die Franse en die Italiaanse metodes. Hier is ‘n info-graphic wat verduidelik wat die verskil is. Ek het ondervind dat die Italiaanse manier meer fail proof is, maar die metode verg ‘n bietjie meer vaardigheid.

Voordat julle opgewonde raak, net ‘n spoiler alert, my macarons het gefail. Maar dit was ‘n wen/mislukking. Die resep het ek perfek gevolg, seker gamaak die bestandele word meer as een keer gesif, die eierwitte nie oorklits, die suiker tot op die regte temperatuur gesmelt, en alles ekstra versigtig saam gevou, die nodige tyd gegee dat die macarons rus voordat dit in die oond in gaan, en seker gemaak die oond se fan is aan en dis op die regte temperatuur.

Maar helaas het die funky oond toegeslaan, en net soos ek dink dis perfek, die macarons maak mooi voete, want glo my as dit kom by macarons is die voet als! Begin my oond weer te warm maak en die macarons kry ‘n bruin laag, en net voordat dit kon brand besluit ek om dit uit te haal, ver voor die tyd wat dit moes uitkom. Dus die wen/mislukking macarons. Die smaak was daar, en dit was koekerig binne, soos dit moet wees. Visueel was dit te plat omdat ek dit vroeer moes uithaal, en die bokant was bietjie te bruin.

So volgende keer sal ek die macarons op die laagste rak in die oond sit, hopenluk werk dit!

PS: die kinders was betrokke by die een net in die ander kamer besig om daardie irriterende geluide te maak wat tussen kla en huil is, maar nog nie so ernstig dat jy moet aandag gee. Ook by gese manlief was heeltyd by hulle, maar net ‘n ma weet hoe daardie geluidjies ‘n mens teen die mure op kan druif.

Hier is die resep wat ek gevolg het. Sterkte!

Melktert Koek

Week 3: Mmmmm

Hierdie een het my man gekies, want enige iemand wat hom goed genoeg ken sal weet hy vrek vir ‘n stukkie melktert, en aangesien dit vir sy verjaarsdag was, was dit die perfekste keuse. Gelukkig het ek ‘n resep gesien in een van die Landbou Weekblad se Boerekos magazines wat nie te moeilik gelyk het nie.

Ek moet admit ek het nog nooit melktert gemaak nie, so hierdie was al klaar so buite my comfort zone dis net nie waar. Darm het ek dit rustig gevat, en soos gewoonlik begin met die koek, nogals ‘n proses want die melk word gekook op die stoof en dan in die droe bestandele ingewerk. Voeg ‘n bietjie kaneel by en jy het ‘n melktert koek. Die keer het ek die resep gevolg en die beslag verdeel in die regte grote pannetjies. In die oond in, en duimvas hou die oond raak nie weer funky nie.

So 20 min in, en die koek is deurgaar, sonder om te brand, sommer perfek. Nou is ek sommer in ‘n beter mood, maar die melktert vulsel le nog voor, en in die agtergrond kan ek ‘n baba hoor wat nie te happy is oor my bak avontuur. Na ‘n doek ruil en voer sessie kan ek weer aangaan (baba Hanna op die kombuistafel in haar karstoel). Hopenluk is pappa amper klaar gemelk en kan hy kom oorvat.

So begin ek die melktert vulsel, dis ‘n baie vinnige proses. Die melk kook en dan roer mens ‘n bietjie daarvan by die meel en eier mengsel, totdat alles saam gemeng is. Dit word dan weer op die stoof gesit en dan moet jy roer, en die heeltyd. Anders maak dit klonte. So die eind produk was dat ek voor die stoof staan met baba aan die heup, Maia iewers onder voet, en ek wat klits totdat my arm begin pyn. Maar ek het dit gedoen, die vulsel is gaar en ek kan ophou, ‘n trotse mamma oombluk gehad. Nou moet die vulsel net afkoel, dan kan ek begin versier.

By hierdie tyd het ek al ‘n roetine gekry, na die kinders in die bad en in die bed is, begin ek die koek versier. Al die vulsel is in die pipping bag, wat ek vir ‘n bargain by die R5 winkel gekry het, ja ek was R5 winkel toe, almal doen dit.

So begin ek die koek aanmekaar slaan, tussen elke laag word die koek gesoak met sjerrie, jip dis die grootmens weergawe, en dis ook wanneer jy besef jy is actually nou al ‘n grootmens, en daars twee klein kopies van jouself wat jy voor verantwoordelik is. Sjoe, wat ‘n reality shock terwyl ek ‘n koek maak!

Elke laag koek kry sjerrie en dan ‘n lekker laag melktert vulsel, totdat jy op die laaste laag kom. Ek besluit toe om te probeer oulik wees, en pipe toe die boonste laag met klein ‘blops’ (want dis regtig al wat ek dit kan noem). Vir die amateur sou dit seker mooi gelyk het. En siedaar is ek klaar. Hierdie keer moet die koek in die yskas gehou word, want dit is half melktert.

Ek is baie trots op hierdie koek, dis die eerste keer vandat ek weer begin bak het, dat ek gemaklik gevoel het, nie gehaas en in beheer. Dit is ‘n lekker gevoel, veral as alles om jou so buite beheer voel, maar die wasgoed kan maar ophoop en die speelgoed kan maar rond le, want vanaad gaan slaap ek met die gevoel dat ek iets berruik het. Al is dit net ‘n melktert koek.

Verjaarsdag oggend is hier, en ‘n groot plaas ontbyt is gemaak, kompleet met plaatkoekies en al. Ek kon my self nie keer en besluit dis 11 uur tyd vir koffie en koek, ek MOET weet hoe dit proe! Skaars ‘n uur na die groot ontbyt word my man amper geforce feed net om te hoor wat hy se! En dit was ‘n groot suskses, so ‘n lekker koek! As jy nie ‘n koek fan is nie, sal ek hierdie koek recommend, dis so half tert half koek (letterlik). Almal se terugvoer was dat dit vrek lekker was, so eks happy met daai resultaat. Selfs Maia het ‘n happie gesneak, mamma het net anderkant toe gekyk.

Hierdie resep sal defnitief in die resepte boek geskryf word, hier is die link na die resep wat ek gebruik het.

Volgende week probeer ek Italiaanse Macaroons!

Apple Toffee Crunch Cake

Week twee: Pinterest Fail

Oh my word! So na laas week se awesome Pinterest koek, het ek dit goed gedink om weer ‘n resep te soek vir hierdie week. Soveel goed het verkeerd gegaan met hierdie een (you win some you loose some). Dit moes vir ‘n familie braai gewees het maar sekere omstandighede het gemaak dat ons dit nie kon doen. Maar die koek was darm geeet en uitgedeel.

Daar was soveel elemente in hierdie koek, ‘n appel en pekkaneut sponskoek asook ‘n kanneel buttercream, wat ‘n oats crunch tussen in kry, bo op hierdie hele gedoente word ‘n  gesoute karamelsous oor gedrappeer met ekstra crunch en neute vir versiering.

Eerste het ek begin met die koek, dit was nogals ‘n maklike beslag om te maak, maar my eerste fout was om nie die resep te volg, en ‘n 20cm pan te gebruik nie MAAR een van my nuwe koek panne te probeer wat 25cm is. Tweede fout was om die temp sooo verkeerd te kry, so die gevolg was ‘n koek wat ligtelik gebrand het. Hy het ook ‘n ewigheid gevat om deurgaar te raak agv die groter pan. Bo-op dit het my oond besluit om die element warmer te maak aan die kante. Ugh, moedeloos was ‘n understatement.

Volgende op my lys was die buttercream. Toe ek die resep begin lees kom ek agter ek het een van daai thermometers nodig om hierdie fancy resep te kan volg. En ek het obviously nie een. So toe gaan ek maar terug na Pinterest opsoek na ‘n meer eenvoudige kaneel buttercream. Kry toe een, en begin hom maak. EEN koppie botter teenoor VIER koppies versiersuiker!? Nou enige iemand weet dit is dan nie buttercream nie, maar meer soos sement. So gaan ek maar voort, eks dan halfpad klaar.

Die oats crunch was baie maklik om te maak en het my min of meer herinner aan daai oats koekies. Maar omdat my oond funky was het ek dit so bietjie verbrand, klink soos dejavu? Ek kon darm die middel gedeelte opbreek om te gebruik.

So toe al die kinders gevoer, gebad en in die bed is, besluit ek om hierdie koek gou te stack en sy crumb coat te gee. Nou maar ja, ek moes eers probeer om al die brand van die koek af te sny, en dan hom middel deur te sny sodat ek tenminste ‘n tweelaag koek het. In hierdie proses breek hierdie hele koek se een laag in stukke, jip daar was gevloek, maar ek het saggies vir Hom jammer gefluister. Tyd om die buttercream aka sement op te messel, koek breek toe verder in sy mmmmm in. Was so naby om ‘n flop te call  toe dink ek by myself maak net klaar dalk lyk dit nie so erg. Uiteindelik het ek die buttercream en die crunch tussen die koek lae in en die crumb coat is op. Nou by hierdie stadium is ek gatvol, en besluit om nie na laasweek se les te luister, en die koek is in die yskas in om te oornag.

Volgende oggend le die gesoute karamelsous as uitdaging voor. Ek het nog nooit karamelsous gemaak nie. Vir die wat nie weet nie, dis basies gesmelte suiker met room by. Ek moet eerlik wees dit was nogals makliker aswat ek gedink het dit gaan wees. Ipv corn syrup het ek sweet molasses gebruik, dit het ‘n meer dieper smaak gegee, dit was nosteeds vrek lekker.

Nadat die sous afgekoel het, het ek dit letterlik net oor die koek uitgegooi, die crunch en pekkaneute bo-op al hierdie ook nog. Lang storie kort, ons het toe ‘n familie braai gehad by ons huis en natuurlik was die koek as nagereg verorber. Die smaak was daar, en niemand het darm agter gekom dat die koek gebrand het nie, phew. Die algehele feedback was goed, en almal het gelyk asof hulle dit geniet het.

My persoonlike krit was dat die buttercream net soveel verskillende yucks was, dit was oorsoet en dit het my skoon skaam gemaak. Die koek was ok, het so bietjie soos ‘n piesangbrood geproe al was daar niks piesangs in!? Volgende keer sal ek die gesoute karamel oor roomys probeer want dit was yum!

Touch wood! Hierdie keer was die kinders darm nie deel van die challeng nie, maar daar is altyd ‘n volgende keer. Hier is die link na die resep as jy dink jy kan beter vaar as ek!

Tot volgende keer!

Nina

 

 

 

 

Honeycomb Crunch Chocolate Cake

Week een: Pinterest for the win

Verskoon die engels, maar hierdie een het ek van Pinterest probeer, ja ek het ‘n groot kans gewaag, maar dit was flippin lekker.

Ek het hierdie koek gebak vir my pa se verjaarsdag en dit was ‘n ‘crowd pleaser’. Dit moes ‘n sjokolade koek wees, en so het die soektog begin vir ‘n resep. Dit is immers my eerste koek in ‘n paar jaar. So die druk was groot, al het dit net van my kant afgekom.

Ek het toe na Pinterest gekeer opsoek na die resep, en wraggies een gekry wat maklik genoeg gelyk het. Ek meen die koek kry Guinness en koffie in?! Beter kan jy nie voor vra.

Die oond is aan en ek begin met die hele proses, bak die koeke eerste, nogals ‘n ander manier om die beslag te doen, mens maak half ‘n sjokolade sous met die Guinness en koffie met cacoa in ‘n pan. Vreemd. Maar ek was lus vir ‘n uitdaging.

Een ding moet jy verstaan, dit is vrek moeilik om koek te bak met ‘n kleuter en ‘newborn’, so toe dinge ‘borderline’ wil skeef loop, en panne gaan nou deur die lug vlieg, het ek my ‘reinforcement’ ingeroep aka my man. So kon ek gemaklik my ‘buttercream’ maak en die koek versier met ‘n ‘crumbcoat’. Ek het die koek oornag in die yskas laat staan, maar het eers die volgende dag besef dalk moes ek dit nie gedoen het nie.

So die volgende oggend maak ek die ganache, ook op ‘n ander manier aswat ek gewoond is, mens klits die ganache as dit afgekoel is, dan lyk dit nes ‘buttercream’. So versier ek die hele koek met hierdie ganache en kom toe agter dit raak hard sodra dit in aanraking kom met die koek, want die koek is so koud want dit het ‘n nag in die yskas spandeer. So tip vir volgende keer, haal die koek vroer uit! Maar ‘no worries’ dit het nogsteeds mooi gelyk, en lekker geproe.

Ek het bietjie karamel popcorn bo-op gesit saam met die oats crunch, wat ook tussen die lae van die koek inkom, mmmmm.

Ons is toe al die pad in die Knysna bos in met hierdie koek, en almal was nogals verbaas hoe lekker die koek uitgekom het. Die koek self was sag en lekker nat en die buttercream nie te soet, die donker sjokolade ganache het als net mooi saam gebring!

Volg hierdie link vir die resep, glo my jy sal nie spuit wees! https://vikalinka.com/2014/11/02/honeycomb-crunch-chocolate-cake/

Tot volgende keer.

Nina

 

 

So begin ‘n avontuur . . . in my kombuis

Hallo daar, ek is ‘n boer se vrou en die ma van twee dogtertjies. Dis belangrik dat jy dit weet want dis die hele rede hoekom ek hierdie avontuur begin het. Lewe kan soms dol raak in sulke omstandighede, en mens verloor jouself vinnig. Dus die begin van hierdie persoonlike uitdaging om elke week iets nuut in my plaas kombuis te bak. Volg my op hierdie paaitjie om week na week my ‘sanity’ te vind voor die oond/stoof.

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is bitter lief vir my man (jy het nog nooit so ‘hands on’ pa gesien in jou lewe nie) en my twee dogtertjies, Maie 19 maande en Hanna 4 maande. Maar dit word soms moeilik om kop bo water te hou met skool, huiswerk, wasgoed, borsvoed (life in general) en om almal in geheel gelukkig te hou. So ek het die mal besluit geneem om myself uit te daag met iets waarvoor ek baie passie het, en wat verlore gegaan het na ‘n paar jaar. Bak. Dis ook ‘n poging om vir my kinders ‘n resepte boek agter te los met al die resepte wat ek beproef het.

So welkom in my plaas kombuis, en geniet hierdie avontuur saam met my, (dalk bak ek my ‘sanity’ terug, dit is die hele doel) hiep hiep hoera!

Julle is al so 3 weke agter so dit beteken daar is opvang werk om te doen! Ek het al drie koeke en twee broode agter die rug! Hou dop vir die resepte en my poging om te bak met ‘n newborn!